Jonkershoek SRA

Geagte Inwoners en Bure

(Mostertsdrift, Karindal, Rozendal, Uniepark en Simonswyk)

Ons is met erns besig om menings oor die behoefte aan`n VOORGESTELDE SPESIALE AANSLAGGEBIED/“SPECIAL RATINGS AREA/SRA”) in te samel.

Dit is die beste praktyk dwars deur die wereld in 12 lande en soortgelyk aan wat Stad Kaapstad met reuse sukses in die Middestad en 32 ander WOONBUURTE REEDS in werking geplaas het. Dit word egter op aanvraag van inwoners DEUR INWONERS geskep en bestuur en is vir aanvullende dienste IN PUBLIEKE RUIMTE soos VERAL skoonmaak en veiligheid en word deur die inwoners self betaal en dienste word direk ontvang.

Baie belangrik om die proses tot die letter te volg en dus hiermee die persepsie ondersoek/Perception Survey)

Ons glo die proses sal suksesvol wees en dat 60% plus een van die inwoners toestemming IN ONS AREA sal gee DAT ons die implementering van `n VSA/SRA sal kan toepas van 1 JULIE 2015 af.

Dit beteken dat geld wat nou ad hoc deur sekere mense vir AANVULLENDE sekuriteit soos pro aktiewe patrollies en fietse (S/WAG) word (55%) nou deur daarna almal (100%) betaal sal word. Ons sal ook kan geld aanwend vir addisionele dienste wat in `n buurt verlang word – Nommer plaat Herkennings Kamera tegnologie en rivier en berg digitale kamera patrollies asook verbeteringe aan ons parkies ens.

Die totale begroting en bestuur van die VSA/SRA sal deur die woongebied met die stigting van `n Artikel 21/SONDER WINS Mpy bestuur word.

Die S/Wag het die geld voorgeskiet vir die leiding en professionele diens van `n Firma Geocentric om te help met die riglyne en begrotings asook implementering van die VSA/SRA vir die buurt – UNIEPARK / KARINDAL / SIMONSWYK / ROZENDAL en MOSTERTSDRIFT en die navorsing en behoefte bepaling is sleutel tot die proses.

Ons vra u samewerking met voltooiing  van die meningsopname as eerste stap om die wenslikheid van die stigting te bevestig. Stuur asb aan na bure en vriende en maak seker dit word voltooi en kom terug na ons toe vir indiening by die munisipaliteit.

By Voorbaat Dank

Voorlopige Bestuur

en

Mias van der Westhuyzen en Pieter Venter

The follwoing documents can be accessed here for further information:

Jonkershoek SRA Business Plan

Jonkershoek SRA Urban management perception report

Jonkershoek SRA Implementation Plan

Jonkershoek SRA Budget

Stellenbosch Municipality SRA By-Law

Stellenbosch Municipality SRA Policy

SRA Frequently Asked Questions – this is a document produced by the City of Cape Town but most of the content is directly applicable – view this for supporting purposes only

Notices:

Jonkershoek SRA Notice Public Meeting Afr

Jonkershoek SRA Notice Public Meeting Eng

Jonkershoek Public meeting presentation – Meeting 1

Blank consent / objection form